UA-100630372-1

Brand Passievol vir  

God  ll  Mekaar  ll  die Wéreld!



Meer oor ons gemeente,

 Om  'n  lidmaat  van  AGS  Brandpunt  te  wees,  is  om  deel  te  wees  van  'n  warm,  vriendlike Christelike  familie  wat  omgee   vir  mekaar   en  die  behoeftes   van  die  gemeenskap   wil  dien, ooreenkomstig met die opdragte van God se Woord.  

Elke  gemeente  is  uniek  en daarom  is  die  karakter  en  styl van die  gemeente gevorm  deur  die behoefte van sy mense en die gemeenskap.   Pastoor Charl van der Linde (Visionêre Leier,  is geroep  in die  verkondiging  van God se Woord,  maar hy is ook totaal afhanklik  vir die salwing  van die Heilige  Gees.   Hy is daarop  ingestel  om u te bedien  met goeie,  kragtige,  prediking  wat  God  vereer  en Christus  verhef.  Saam met sy span wat u ook herderlik bedien en vir u bid en opdra aan die Here.   Indien u vinnig in die hart van die gemeente opgeneem wil word, is die bywoning van Sondag­ byeenkomste  noodsaaklik. Dit is die aangewese  weg om mense  te leer ken en vriende te maak, so ook kan u by 'n betrokke bediening  en/of huis-sel betrokke raak.

     

Namens  die pastore en die leierskap nooi ons u uit om by ons aan te kom sluit OF”Like ons op FACEBOOK  vir meer nuus oor ons gemeente.