Meer oor ons gemeente, ons Missie en Visie
Om 'n lidmaat van AGS Brandpunt te wees, is om deel te wees van 'n warm, vriendelike Christelike familie wat omgee vir mekaar en die behoeftes van die gemeenskap wil dien, ooreenkomstig die opdragte van God se Woord.
Elke gemeente is uniek en daarom is die karakter en styl van die gemeente gevorm deur die behoefte van sy mense en die gemeenskap.
Die pastoor, Charl van der Linde, is geroep in die verkondiging van God se Woord, maar hy is ook totaal afhanklik van die salwing van die Heilige Gees. Hy is daarop ingestel om u te bedien met goeie, kragtige, skrifgebonde prediking wat God vereer en Christus verhef. Saam met sy span predikers wil u ook herderlik bedien en vir u bid en opdra aan die genadetroon van die Here. lndien u vinnig in die hart van die gemeente opgeneem wil word, is die bywoning van Sondag byeenkomste noodsaaklik. Dit is die aangewese weg om mense te leer ken en vriende te maak, so ook kan u by 'n betrokke bediening en/of huissel betrokke raak.
Namens die pastore en die leierskap nooi ons u uit om by ons aan te kom sluit OF kom sluit aan by ond FACEBOOK bladsy vir meer nuus oor ons gemeente.
Ons Missie en Visie
Om die liggaam van Christus effektief toe te rus en te versorg, soda! hulle die breer
gemeenskap geestelik en maatskaplik, ingrypend met die evangelie van Jesus Christus sal be'lnvloed en dat ons 'n passie vir God, mekaar en die wereld sal hê!
Hoe gaan ons dit bereik?
Prediking wat fokus op die skepping van waarde-sisteme wat aan die koninkryk-beginsels van Jesus Christus getrou is en die vloei van die gawes van die Heilige Gees.
Na die voorbeeld van Jesus Christus 'n dienskneg gestalte by gelowiges te kweek.
Al die gelowiges toe te rus om siele-wenners te wees en hulle te motiveer om hierdie opdrag effektief uit te voer.
Gelowiges vir hul bediening toe te rus.
Elke persoon is belangrik en die hoogste waarde van die gemeente is dat 'n verhouding met God altyd meer belangrik is as voortreflikheid, professioneel wees en geld.