Belangrike "Te Weet" van die Gemeente:
Sondag byeenkomste:
Oggenddiens om 08H00 & 10H00.
Aanlyn Vorms:
Kinder-toewyding & Doop vorms beskikbaar Kliek hier
Koffie en Tee:
Tydens COVID-19 kan ons ongelukkig nie koffie bedien - U is welkom om u eie "Hot beverage" saam te bring in u eie geseelde koffie beker (Jammer vir die ongerief, dankie!)
Kinderkerk:
Graad 0 tot 7. Ouers teken asb u kind in by ons kinderkerk lokaal.
iGnite Youth:
Graad 8 - 12 - Jeug byeenkomste is elke Vrydag aand om 18:00
Moederskamer:
Vir ouers met babas van geboorte tot die ouderdom van 2 jaar. Vriendelike versoek dat geen laerskool kinders tydens dienste in babakamer sal speel nie. Pak asb alle speelgoed weg, los asb die moederskamer netjies na gebruik.
Klankkas en Verhoog:
GEEN kinders toegelaat by klankkas & verhoog weens duur toerusting. Kom ons werk saam om ons gebou skoon en netjies te hou!
Badkamers:
Kom ons werk saam om ons gebou skoon en netjies te hou.
Persoonlike Inligting:
Dit is U verantwoordelikheid om ons op datum te hou van verandering van adres, kontaknommers, ens. Kontak ons asb. tydens siekte, hospitalisasie, afsterwe van familie, geboorte van nuweling, ens.
Daar is elke Sondag 'n naweek bulletin met al die inligting en aktiwiteite vir die volgende maand met die nodige kontak nommers. Lees die bulletin sorgvuldig deur om te verseker u betrokke raak waar u in u hart voel en die Here u lei. - TYDENS COVID 19 SAL DAAR 'N DIGITALE PDF VAN DIE AANKONDIGINGS MET U GEDEEL WORD.