UA-100630372-1

Brand Passievol vir  

God  ll  Mekaar  ll  die Wéreld!




Dankie vir jou belangstelling in ons Aanbiddingspan

Ons is op soek na musikante, sangers en klank/media/ligte ouens met 'n hoë -energie, en wat 'n passie vir God het. Ons opgewonde om te sien hoe God besig is om te werk in ons aanbidding spanne en hoop dat jy deel kan wees van ons aanbiddingspan.

Wie kan oudisie?
Enige iemand wat 'n hart het om ander in aanbidding te bring dmv jou stem of musiekinstrument - ons wil jou graag leer ken! Lees asseblief die verwagtinge en vereistes vir deelname in die aanbiddingspan vul ook die vraelys hieronder so volledig as moontlik.

Hoekom hou ons oudisies?
Ons het 'n visie om konstant ons aanbidding bediening hier by AGS Brandpunt te vergroot.  Oudisies is 'n baie praktiese hulpmiddel vir die evaluering van hou vaardighede.  Sommige oudisies kan baie intens en senuweeagtig wees.  Ons doel is om 'n " vrees vrye" atmosfeer te skep om die hele proses van die oudisie vir jou gemaklik te maak.  Ons wil jou help om jou doel na te strewe.

Wanneer hou ons oudisies?
Ons hou oudisies 3 keer per jaar, maar as jy sopas by die kerk ingeskakel het kan jy ons aanbidding leier kontak vir 'n persoonlike oudisie.


Aanbiddingspan FAQ's

1. Wie is betrokke by die aanbiddingspan by AGS Brandpunt?
Die aanbiddingspan wat by AGS Brandpunt op 'n gereelde basis betrokke is. Hulle is geroep deur God om hulle gawes te gebruik om ons gemeente in aanbidding te bring dmv hul musikale talente.

Aanbiddingspan-hoof: Michael Brewis
Aanbiddingsleier: Michael Brewis, Tania Meyer

2. Gaan ek elke Sondag oggend bedien?
Nee. Ons probeer 'n goeie rotasie rooster uit te werk wat jou sal toelaat om ook af te wees.   Jy word wel gevra om die weeklikse oefening by te woon as jy is geskeduleer vir daardie Sondag.

3. Wanneer is die aanbiddingspan oefening?
Een maal 'n week op 'n Donderdag 19:00 - 21:00

4. Hoe lank is die aanbiddingspan oefening?
Oefening is gewoonlik so 1 ½ tot 2 ure en hang af van wat alles gedoen moet word. bv instrumente moet opgestel word klank moet opgestel word.  Ons aanbiddingsleiers werk gewoonlik so 6 liedjies uit en dit kan n rukkie vat om deur die liedjies te werk.


Aanbiddingspan Oudisie Vorm